Afrikaans Sonder Grense (ASG)

imageAfrikaans Sonder Grense (ASG), is ‘n 2 uur lange Afrikaanse Musiek Radio Program wat weeliks uitgesaai word.
Dit word lewendig aangebied in Bundaberg, Queensland in Australie by ‘n Gemeenskaps Radio Stasie genoem Coral Coast Radio 94.7 fm.
(Bundaberg is 4 ure Noord van Brisbane)

Dis al 4 jaar gelede wat ons besef het hoe belanglik dit is om Afrikaanse musiek ‘lewendig’ te hou hier in die ‘Buiteland’. Afrikaans Sonder Grense word in en om Bundaberg op die Radio uitgesaai en vir ander luisternaars via die internet op http://www.coralcoastradio.net.au/ elke Donderdag aand van 6-8 nm EST (Queensland tyd).

ASG word lewendig aangebied deur my Rochelle Nieuwenhuizen en sluit gewoonlik ‘n greep in genoem ‘Haas Das’, gebeurlikhede word gelees. Onderhoude van besoekkende Suid Afrikaanse Sangers aan Australie word ook uitgesaai. Van tyd tot tyd kry ons intressante Suid Afrikaners wat vir ons kom kuier in die ateljee. Ons speel musiek vir jong en oud.

Gaan ‘like’ ons asseblief op Face Book by: Afrikaans Sonder Grense met Rochelle, en word so deel van ons Afrikaanse Musiek Familie hier in die Buiteland. As jy ons ‘Vriend’ word op Face Book sal jy ook op hoogte gehou word wat in die progam aan gebeur.

Julle kan vir my ook ‘n lewendige e-pos stuur in die ateljee tydens die program, dit is na: requests@coralcoastradio.net.au

As jy ‘n bydra wil maak tot die program kan julle vir my skryf na rochelle.radio@yahoo.com.au

ASG is ‘n klein aandeel om Afrikaanse Musiek te ondersteurn hier in die Buiteland. Lank lewe Afrikaans in die wereld!

Groete
Rochelle